YEAR END FUNCTION – DOWWE DOLLA AND WICUS VAN DER MERWE

DOWWE WICUS EN DOLLA VAN DER MERWE (KOMEDIE)
Met Wicus van der Merwe en Margit Meyer Rodenbeck (Dowwe Dolla)
Weg met die dwepers, die boepens-knolle, die moaners en die groaners.
Weg met die poeierholle, die hoitie-toitie-skeelooganties, die Martie Martelgatte en die Jannie Jammerballe.
Weg met die oorgenuansieerde suutjiespoep-polities-korrektes met hul brabbeltaal-diepsinnighede.
Is jy moeg vir jou man se lang gesig wat lyk soos ’n bok wat afdraand kyk? Lyk jou vrou al meer soos haar paspoortfoto?
Dan is dit tyd om ’n kaartjie vir hulle te koop na hierdie showtjie.WEES GEWAARSKU: Jy moet lag dat die trane rol, anders spuit ons jou met Doom.

Time

Location

Event Schedule