SOLANDI & JP WEDDING

Liefste Lizel, Karlien, Malvin & die Africanos span

Wat ‘n ongelooflike en pragtige dag was ons troue nie! Alles was van die begin af so perfek en julle puik en besonderse diens word opreg waardeer. Die gaste kan nie uitgepraat raak oor die ongelooflike heerlike kos nie, baie dankie aan julle kombuis wat dit so heerlik voorberei het. Africanos is by ver die beste onthaal vir enige troue, jule diens
en profesionele wyse waarop alles hanteer word is topklas. Dankie vir pragtige en netjies verblyf wat julle so mooi beplan en skoongemaak het tussen al die chaos. Baie dankie ook vir al die moeite met heerlike canapes, die ginbar en julle diens tydens die tyd. Ons is julle ook vreeslik dankbaar dat julle ons tegemoet gekom het met goeie pryse by die kroeg sodat mense die bruilof ten volle kon geniet.

Vanaf ons eerste ontmoeting met Lizel, het ons slegs kwaliteit diens, goeie raad en wonderlike leiding ontvang, ons was dadelik oortuig en baie gemaklik oor ons besluit om by AFRICANOS te trou. Baie dankie Lizel vir al jou uitstekende beplanning en moeite met ons troudag, al was jy ongelukkig nie daar nie, was alles so deeglik gedokumenteer dat Karlien niks uitgelaat het nie. Dankie vir alles, ons het jou gemis op die troudag maar waardeer jou puik diens die afgelope 6 maande uit ons harte.

Karlien, baie dankie ook vir die ongelooflike manier waarop jy ons troudag bestuur het op so kort kennisgewing. Jy was ‘n groot ondersteuning en steunpilaar vir ons op die dag. Jy was heeltyd teenwoordig en selfs met die kerk en seremonie, van die bedien met platters vir my en die strooimeisies tot die effektiewe kommunikasie om alles so perfek te laat afloop. Ons dag was foutloos en alles was net in oorvloed.

Julle is voorwaar ‘n wenspan by Africanos en ons sal julle ewig dankbaar wees vir die enorme groot deel wat julle aan ons troudag se sukses gehad het. 5 sterre is eenvoudig net nie genoeg om julle diens op te som nie. Ons kan nie wag om weer te kom kuier by Africanos en ons mooiste dag te herleef nie. Assebleif sal julle ons dankbaarheid vir alle rolspelers oordra, ons is julle so so dankbaar.